literature

die kalk lig

Deviation Actions

lovespetals's avatar
By
Published:
187 Views

Literature Text

die kalklig val oor my gesig en die die hitte stroom in op my lee siel. die grimering- 'n drie uur proses bly stewig sit. en ek begin al vinniger asem haal. my kostuum voel lig en mooi asof ek die pragtigste mens op die aarde is- 'n engel van die verhoog... die musiek begin en die ritme vat my heen.

ek maak my oe toe. ek word iemand anders. iemand van 'n droom wereld wat my nie ken nie. maar ek ken haar al te goed. ek weet hoe sy haar koffie drink- haar gusteling kleur... wat sy na werk doen en haar drome. ek weet wie sy binne is en ek weet hoe sy oor sake voel.

ek kan niemand seer maak nie en niemand kan na aan my kom nie! my woorde beheer jou... jy wil dit dalk nie glo nie maar daai traan oor jou wang is daar oor ek hom daar wil he... jy voel dalk nou anders oor 'n saak want ek het jou gedagtes so gedra. jy voel met my - altans jy dink dis ek...

jy hoor dalk my stem, jy sien dalk my gesig, voel my oe op jou.... maar my sal jy nooit ken nie want ek is die onbekende. 'n kleur potlood vul dalk die gapings pers in maar nooit sal julle die korekte skakering vind nie. want al dink hoe baie hulle ken my- ken hulle my werklik nooit nie- min kom naby genoeg aan my.

kom nader liewe kind. ek vra jou mooi mag ek jou saam nooi? ek sal gaaf wees jou hand vas hou jou dra --- solank ek net op die verhoog kan staan- alles sal ok wees
...
© 2006 - 2024 lovespetals
Comments9
Join the community to add your comment. Already a deviant? Log In
Soul-Stripper's avatar
you're about the only person that writes stuff like that, that well in afrikaans.